Tuesday, 17 July 2012

ALMA SKOOL VIR GESTREMDES

Alma Skool is ‘n skool vir erg intellektueel en fisies gestremde kinders tussen die ouderdom van drie en een-en-twintig jaar. Die skool is geleë in Eloffstraat 407, Eloffsdal Pretoria.
As gevolg van ons kinders se gestremdhede, verlang hulle gespesialiseerde onderrig, fisioterapie en arbeidsterapie.
Alma Skool is grootliks afhanklik van borgskappe en donasies om die lewering van hierdie spesiale onderrig en dienste moontlik te maak. Ons skool is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie.
Ons is vreeslik opgewonde oor Toys for Africa en Menlyn Shopping Centre se inisiatief om uit te reik na ons gestremde leerders deur hulle 67 minute vir Mandela dag by ons deur te bring.
Hiermee ‘n uiteensetting van die program:
09h30 Aankoms - ontmoet in skoolsaal.
09h45 – 10h52 Vermaak en oorhandigings in saal.
10h52 - 11h59 Werk in groentetuin

(Die volgende persone / instansies gaan teenwoordig wees: Toys for Africa,
Menlyn Shopping Centre, L’loyd Cele, Esti, Transforming Kids, Francois van
Rensburg, Marcel Caroto, Pretoria Harley Davidson, Quick Trim SA ens.)







ALMA SKOOL MANDELA DAG VIERINGE DANKSY TOYS FOR AFRICA EN
MENLYN SHOPPING CENTRE OP 18 JULIE 2012

No comments:

Post a Comment