AfriForum Jeug
15 Junie 2012
AfriForum Jeug vier Jeugdag deur jongmense op te lei
AfriForum Jeug se uitvoerende bestuur en takvoorsitters van die Universiteit van Pretoria, Universiteit van die Vrystaat, Stellenbosch Universiteit en die Noordwes Universiteit gaan op Jeugdag, 16 Junie, die jong kinders van die Jakaranda-kinderhuis in Pretoria oplei in entrepreneurskap, leierskap en persoonlike ontwikkeling.
Hierdie gemeenskaps-aksie merk die einde van AfriForum Jeug se tien dae van treur oor kwessies soos geweldsmisdaad in landelike gebiede. AfriForum Jeug het in die afgelope tien dae families van slagoffers van plaasmoorde asook slagoffers van plaasaanvalle besoek. Verder het AfriForum Jeug gehelp om die Witkruismonument in Limpopo te restoureer en wit kruise by die monument aan te bring.
“Hoewel ons as jongmense in die aanloop tot Jeugdag getreur het oor geweldsmisdaad, wil ons egter beklemtoon dat daar wel hoop is vir jongmense. Deur klein bydraes in gemeenskappe te maak, sal dit meer gewig dra in die langtermyn as nóg konferensies, vergaderings of optogte,” het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.
AfriForum Jeug sal ʼn opleidingsessie met sowat 70 kinders van die Jakaranda-kinderhuis hou en basiese benodighede soos wintersklere, skoonmaakmiddels en toiletware skenk.
As deel van AfriForum Jeug se hoop skep-projek het AfriForum Jeug Maties die afgelope week sowat 30 kg klere aan behoeftiges in die Kaapse metropool geskenk. Die sanger Gerrie Pretorius het die afgelope week AfriForum Jeug vergesel in ʼn besoek aan slagoffers van ʼn onlangse plaasaanval in Magaliesburg waar ʼn boer se onderlyf verlam is na ʼn skietvoorval op sy plaas.
Gerrie Pretorius
“Ons doel is om hoop te skep. Gemeenskappe moet mekaar ondersteun en aanbeweeg sonder om afhanklik van die staat te wees vir veiligheid, ekonomiese groei of welvaart. Op Jeugdag wil ons eerder praat oor wat ons besig is om te doen as wat ons van die regering eis of nog beplan om te doen,” sê Oberholzer.
Hiermee nooi AfriForum Jeug die media uit om die Jakaranda-kinderhuis na afloop van die opleidingsessie te besoek:
Datum: 16 Junie 2012
Tyd: 14:00
Plek: In Talitha Kumistraat (naaste kruising met Eenheidstraat), Eastlynn, Pretoria
RSVP: Charl Oberholzer
Charl Oberholzer
Nasionale Voorsitter: AfriForum Jeug
Sel: 084 903 1111
E-pos: charl@afriforum.co.za
Ek wil graag hier u almal deel oor hoe ek my lening van mnr Benjamin kry wat my help met 'n lening van 400,000,00 euro om my besigheid te verbeter. Benjamin gee my dadelik lening. hier is mnr Benjamin e-pos / whatsapp kontak: +1 989-394-3740, Lfdsloans@outlook.com /
ReplyDelete